Manitoba Provincial Nominee Program - Boere immigrasie program

Daar is verskeie maniere om te immigreer. Om die beste en maklikste manier voor te stel kan slegs gedoen word met omvattende, geval spesifieke inligting. Indien jy nie kwalifiseer vir die Farm Strategic aansoek nie, kan jy my gerus kontak vir ander alternatiewe.

Tans is die Manitoba Provinsial Nominee Program die vinnigste en maklikste program vir boere om in te kom in Kanada. Manitoba is ook een van die provisies met die laagste lewenskoste.

Die heel 1ste stap om te neem is om ‘n polisieklaring vir elke gesinslid bo 18 jaar aan te vra. As daar enige klag teen enige lid van die gesin is sal die hoofaansoeker ‘n geregistreerde immigrasie konsultant moet kontak om opsies te bespreek. In so geval moet Martie asb dadelik gekontak word.

Gesinslede met ernstige medies kwale sal ook gespesialiseerde hulp nodig he om te kan kwalifiseer vir immigrasie, indien moontlik.

Daar is 2 maniere om aansoek te doen vir immigrasie vir boere wat plase wil koop in Kanada.

1. Die Federale Regering se Besigheids program.

2. Deur die Provinsies se Nominee Programme.

Die aansoek deur federale program kan tot so lank as 15 jaar vat vir goedkeuring. Nie ‘n goeie opsie nie!

Die vinnigste manier om aansoek te doen vir immigrasie as boer is deur die Manitoba Provincial Nominee Program. Alberta en Saskatchawen het soortgelyke programme maar dit kan tot dubbel die tyd, en langer vat, as deur Manitoba. Die minimum vereistes vir die provinsies is ook strenger as Manitoba.

Die meeste aansoekers wat ek bygestaan het om aansoek te doen in Manitoba, het binne 2-3 maande na inhandiging van die aansoek goedkeuring gehad om aansoek te doen vir Permanent Residency. (soortgelyk aan Groen kaart in die VSA). Nadat aansoekers deur die provinsie genominate is (goedgekeur is), kan hul aansoek doen vir Permanent Residency. Lg neem tussen 3-6 maande vir goedkeuring.

Die MPNP Farm Strategic Program minimum vereistes:

- Daar is geen ouderdoms beperking.

- Aansoekers moet Manitoba vir ten minste 5 besigheids dae besoek en aan die einde van die besoek vir ‘n onderhoud met die besigheid offisier by die MPNP gaan. Daar is geen fooi vir die onderhoud nie.

-Na die LSD (look, see and decide besoek) moet aansoekers ‘n volledige aansoek inhandig. Indien die aansoek nie volledig is, sal dit terug gestuur word, wat die proses sal uitrek.

-Die aansoek moet vergesel word van die $2,500 aansoek fooi.

- Dit is die aansoeker se verantwoordelikheid om seker te maak dat hul aan die vereistes van die program voldoen. Indien aansoekers nie voldoen aan die minimum vereistes, sal die $2,500 aansoek fooi verbeur word.

Kriteria vir die program:

• Minimum net bates van CDN$350,000.

• Minimum van 3 jaar plaas bestuur of 3 jaar plaas eienaarskap.

• Aansoekers moet kan bewys dat hul ondervinding sal reflekteer op die landbou bedrywighede in Manitoba. M.a.w hul moet kan bewys dat hul sukses sal kan maak van boerdery in Manitoba.

• ‘n Belegging van ten minste CND$150,000 moet binne 2 jaar na landing gemaak word.

- Met landing in Manitoba moet die aansoeker ‘n deposito van $75,000 aan die provinsie betaal. Die bedrag word weer aan die boer terug betaal sodra plaas gekoop is en boer bewys kan lewer dat hy inkomste uit plaas bedrywighede kan genereer.

Aansoek vorm: http://www.gov.mb.ca/ctt/invest/pnp-b/pdf/fsri_gen_appform.pdf

Alle aansoekers kan die aansoek op hul eie aanpak. Dis nie nodig om iemand te gebruik vir die aansoek.

Indien jy gebruik wil maak van immigrasie konsultant moet jy seker maak dat die agent wel in Kanada by ICCRC geregistreer is as Immigrasie Konsultant.

http://www.iccrc-crcic.ca/AboutUs/public/membershiplistFull.cfm

My dienste wat ek aanbied:

1.LSD toere na Manitoba

Vliegkaartjie van Oliver Tambo, via Europa of VSA (indien nodige visa in plek is), Winnipeg.

Vervoer vanaf Winnipeg na Brandon.

Hulp met besoekers visa aansoek en verkryging van dokumente in SA.

Verblyf, ontbyt ingsluit by luukse hotel (Royal Oak Inn of Victoria Inn)

Vervoer , plaasshowings, ontmoetings met MASC, MAFRI, FCC, versekerings maatskappye, en ander instansies en persone betrokke by elke se spesifikieke omstandighede. Banke, en gevestigde SA boere in Kanada.

Besoek aan skole en Universiteite.

Opening van bank rekening( wat net gedoen kan word wanneer teenwoordig in Manitoba).

Voorstelling aan potensiele werkgewers indien nodig sou wees.

Afspraak met amptenare by MPNP

Besoek aan Cabelas in Winnipeg.

2.Voltooing van die MPNP en CIC aansoek (mbv geregistreerde immigrasie consultant)

3.Hulp met aankoms in Manitoba, relocation and settlement services.

Hulp met aankoms in Manitoba sluit oa in - verblyf, vervoer, etes, SIN kaart, Manitoba health, skole, universiteite, bestuurslisensies, meubels, en meer. Ontmoeting met ander SA’s en kerke.

Alle eiendoms verwante sake.

Vir meer inligting kan julle my kontak by martie@century21westman.com.

Gaan loer ook rond op die volgende plekke:

http://www.century21.ca/martie.kruger

https://www.facebook.com/groups/LivingandFarminginManitobaCanada/

http://www.landbou.com/jou-mening/boereblogs/blogsdeurskrywer/Martie%20Kruger?page=1

Gelyste Plase in Manitoba-

http://www.farmmarketer.com/find_a_farm/view_listings/?primaryFarmType=&priceFrom=&priceTo=&state=5&mode=search&keywords=&redirectAgent=&page=1&button.x=39&button.y=12

Groete uit mooie Manitoba.

There are no comments

Thank you! Your comment has been submitted and is awaiting approval.

Martie Kruger

Martie Kruger

REALTORĀ®
CENTURY 21 Westman.com Ltd.
Contact Me